Sangpaar Nantes en Adčle (Geborg deur ARK Webontwerp)

 

TuisMeer oorNavraeKontak 

 
Updated: February 4, 2022 ** Opgedateer: 4 Februarie 2022

    

 

 

Meer oor Nantes en Adčle

Nantes en Adčle ontmoet mekaar tydens 'n konsert by 'n gemeente in Waverly, waar hulle onderskeidelik solo's sing. Hulle is op 26 September 1998 getroud. In 1999 begin hulle met klassieke sangopleiding.

Nantes en Adčle se eerste CD, getitel "My Somerson", is op 5 Maart 2003 vrygestel tydens 'n spesiale geleentheid waar ander talentvolle Suid-Afrikaanse sangers, soos Janita Claasen, teenwoordig was.

Die tweede vrygestelde CD van Nantes en Adčle is "Alles in oorvloed". Die liedjie "Alles in oorvloed" is geskryf en getoonset deur Adčle. Dit word nog gereeld deur Radio Kansel in uitsendings gebruik.

Op 13 Maart 2004 neem hierdie talentvolle duet deel aan
Smul en Sang op Ermelo saam met ander bekende sangers, oa Helena Hettema en Manuel Escorcio.

Nantes en Adčle tree landswyd op by verskeie funksies, korporatiewe byeenkomste, openingsgeleenthede, feeste en by talle gemeentes.


Kliek duimnael
vir groter weergawe

Enkele snitte op "My Somerson" is oa: Rooi Rose, My Somerson, Net soos 'n kind, Hopeloos Verlore en "Amigos Para Siepre" (Friends For Life).

Sommige snitte op Nantes en Adčle se CD "Alles in oorvloed" sluit titels in soos: Alleluja, Blye Versekering, Jerusalem, Vroeg Een Vrydagmôre en "Let Your Living Waters"


Kliek duimnael vir groter weergawe


Kliek duimnael vir groter weergawe

Nooi gerus hierdie duetpaartjie uit vir u volgende spesiale geleentheid. Hulle sang is pragtig en hulle reis dwardeur die land vir sangoptredes. Hulle sangbediening raak oud en jonk se harte. Hulle kan gekontak word deur 'n eposnavraag te stuur met behulp van die Navraagvorm.

 

Tuis
Meer oor
Navrae
Kontak



 

TuisMeer oorNavraeKontak

ARK Web Design * ARK Webontwerp

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

Lys van kunstenaars by Piazza
List of artists at Piazza


swallowsoftware.arkpark.net

ADSA Advertensies

ARK Web Design © 2022
ARK Webontwerp © 2022

'n Christen…

Bekering

Bybelteks

Bible Text